Die plaaslike regeringsverkiesings, wat vir 27 Oktober beplan word, moet uitgestel word

Die plaaslike regeringsverkiesings, wat vir 27 Oktober beplan word, moet uitgestel word volgens Adjunk hoofregter Dikgang Moseneke se voorstelling aan die Verkiesingskommissie . Moseneke het sy verslag, oor of plaaslike regeringsverkiesings te midde van die pandemie in die land kan plaasvind, aan die Verkiesingskommissie oorhandig.  Volgens hom kan vry en regverdige verkiesings nie tydens die Covid 19 pandemie gehou word nie.Meer as vier duisend voorleggings is van die publiek, politieke partye, gesondheidskenners en ander rolspelers ontvang. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Glen Mashinini sê dit was ‘n volledige, omvattende en deursigtige ondersoek. 

Luister na potgooie hieronder