Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging of Sapa, sê daar is geen tekorte aan hoendervleis in Suid-Afrika nie, ondanks die voëlgriep wat verlede jaar uitgebreek het nie. Daar is sowat 7,5 miljoen hoenders van kant gemaak tydens die ergste voëlgriep-epidemie ooit in die land.
Netwerk 24 berig Sapa sê hulle is verras dat rabatte op invoertariewe ingestel is en beskryf die stap as onnodig, onregverdig en skadelik vir die plaaslike pluimveebedryf. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie beraam egter dat ‘n tekort aan sowat 172-duisend ton hoender vanjaar gaan ontstaan.