Daar word ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om gevalle van afpersing aan te meld. Volgens Fannie Masemola, die nasionale polisiekommisaris, is daar verskeie bewerings dat misdadigers ‘n beskermingsfooi eis en sou mense weier om te betaal, word hulle na bewering deur die misdadigers vermoor.

Hy voeg by dat hierdie misdaad tot die sluiting van verskeie besighede gelei het en dat dit vir die polisie moeilik is om die misdaad te polisieer omdat gemeenskappe dit nie aanmeld nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×