Die Vrystaatse Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Duikeenheid het saam met Mangaung Brandweer en Reddingsdienste ʼn skoonmaakoperasie by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein uitgevoer.

Volgens ‘n polisieverklaring was die doel om gevaarlike voorwerpe uit die water te verwyder en te voorkom dat liggame onder water vassit.

Lede van die Provinsiale Eenheid vir Sosiale Misdaadvoorkoming het intussen waterveiligheid-pamflette aan die sentrum se voetgangers versprei en hulle ingelig oor noodsaaklike veiligheidsmaatreëls.

Die SAPD beplan om dié projek voort te sit en soek vennootskappe om die gebied skoon en veilig te hou.

Die publiek word aangemoedig om waaksaam te bly en enige gevaar of verdagte aktiwiteite by die naaste polisiekantoor aan te meld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×