Die polisie in Bloemfontein in die Vrystaat het drie verdagtes in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Die verdagtes was glo in besit van dwelms ter waarde van R150-duisend.

Hulle sal binnekort in die Bloemfonteinse-landdroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder sersant Martin Xuma sê die Vrystaatse provinsiale kommissaris, generaal Baile Motswenyane, verwelkom die arrestasies aangesien die polisie die jeug van die dwelmpandemie gered het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×