Die polisie in die Vrystaat is op soek na tien verdagtes wat Dinsdag ’n kitsbank by ’n vulstasie in Meloding, oos van Virginia, opgeblaas het. Veiligheidsbeamptes is uit na waar die roof plaasgevind het en met hul aankoms het die verdagtes op hulle begin skiet. Die verdagtes het toe te voet van die misdaadtoneel gevlug. Die polisie sê hulle kan nie bevestig of daar enige kontant geroof is nie, maar twee banknote wat met groen ink bevlek is, is langs die kitsbank gevind. Enigiemand met inligting word gevra om die polisie se Stopmisdaadnommer by 08 600 10 111 te bel. Dit is 08 600 10 111.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×