Die polisie in die Vrystaat doen ‘n beroep op jongmense om hul ouers of naaste familie in kennis te stel waar hulle is en nie net die huis te verlaat en verdwyn nie. Die polisie se provinsiale woordvoerder, brigadier Motantsi Makhele, het jongmense aangemoedig om beskikbare tegnologie te gebruik soos toepassings op selfone wat aandui wat hulle ligging is en die inligting te deel. Jongmense kan ook gereelde inkloktye met hul ouers kommunikeer. Die polisie in die Vrystaat het die afgelope paar maande gereeld gevalle gehad waar tieners as vermis aangemeld is en of vermoor is. Volgens die polisie verminder die potensiële gevare wat kinders in die gesig staar aansienlik wanneer ouers gereeld ingelig word waar kinders hulle bevind. Makhele het gesê indien ouers ingelig is, laat dit hulle en polisie toe om vinnig en op enige onvoorsiene omstandighede te reageer. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×