Die polisie in die Vrystaat waarsku huiswerkers om niemand te vertrou wat beweer dat hulle deur hul werkgewer gestuur is nie. Dit is nadat ’n groep wat hulle as munisipale werkers voorgedoen het, gister waardevolle items by ‘n huis in Welkom gesteel het. ’n Huishulp het na bewering die deur oopgemaak vir drie mans wat beweer hulle is van Matjhabeng Munisipaliteit. Hulle het beweer dat haar werkgewer hulle versoek het om die watermeterlesing na te gaan. Sy is oorval en vasgebind terwyl die verdagtes voortgegaan het om die huis te beroof. ‘n Polisiewoordvoerder kaptein Stephen Thakeng sê die huishulp het daarin geslaag om haarself los te maak en haar werkgewer te waarsku.