Die polisie het vyf verdagtes in Hennenman vasgetrek wat vermoedelik koperkabels gesteel het. Sersant Peter Kareli het in ‘n verklaring gesê die mans is Dinsdagaand agtervolg nadat die Hennenman landelike polisie, boere en ‘n sekuriteitsfirma ‘n verdagte motor agtervolg het. Dit het gelyk asof die motor swaar gelaai is. Die polisie het die motor afgetrek en deursoek. Rolle koperkabels is in die kattebak gekry. Die vyf verdagtes is gearresteer vir die besit van gesteelde koperkabels en sal die week in die hof op Hennenman verskyn.