Die polisie het in 2021 op net minder as 5-ton kokaïen in Suid-Afrika beslag gelê volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelms en misdaad. Dit is meer as die totale beslaglegging van kokaïen tussen 2002 en 2020. Netwerk 24 berig volgens die verslag, wat vir die jaar 2023 uitgereik is, word daar veral groot besendings kokaïen deur die Durbanse hawe uit Brasilië die land binnegekom. Volgens die verslag was daar ‘n afname in die smokkel van kokaïen gedurende die Covid-19 pandemie. Suid-Afrika is naas Zambië die deurgangsroete vir die vervoer van dwelms na ander lande. Rosestad Nuus het verlede week berig die polisie het op 18 Oktober op 200 blokke kokaïen ter waarde van R70 miljoen beslag gelê in die Durbanse hawe. News 24 berig daar is sowat 350-duisend mense in Suid-Afrika wat kokaïen gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×