‘n Gevaarlike wapen, ‘n mes, “spacemuffins”, en gerolde dagga is tydens ‘n soektog deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by die Academy of Excellence Hoër skool gevind.
Luidens ‘n mediaverklaring van die SAPD is die Bloemfonteinse skool Dinsdag in ‘n poging om bedrywighede wat die leeromgewing beinvloed aan te spreek deursoek. Die bedrywighede sluit onderandere, die smous van dwelms, middelmisbruik, afknouery en geweld in.
Luitenant-kolonel Thabo Covane sê meer as 12 klasse is by dié skool in die Bloemspruit-polisiestasie-area deursoek waar een van die leerders glo ook verskeie leë plastiekhouers met ziplock-sakkies, wat gewoonlik gebruik word om dwelms te verpak, in hul besit gehad het.
Vier leerders is vir vedere intervensie aan die skoolbestuur oorhandig.