Die polisie het die naweek op sowat R5-miljoen se perlemoen in ‘n huis in Universitas in Bloemfontein beslag gelê.

Netwerk24 berig R1 918 se nat perlemoen en 168 kilogram gedroogde perlemoen is gevind.

‘n 52-jarige buitelandse burger is in hegetenis geneem, terwyl nog ‘n verdagte daarin kon slaag om van die polisie te vlug.

Luitenant kolonel Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Saterdagaand op die huis in Boersmastraat toegeslaan.

Toerusting vir die behandeling en uitdroog van perlemoen is in verskillende kamers in die huis gevind en die polisie het ook daarop beslag gelê.

‘n Saak van die onwettige besit van perlemoen word ondersoek,

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×