Die polisie moet onderwerp word aan gereelde vaardigheids- en integriteitstoetse

Die polisie moet onderwerp word aan gereelde vaardigheids- en integriteitstoetse het die direkteur van die Afrika Sentrum vir Veiligheid en Intelligensie, Eldred de Klerk, gesê.

Dit volg na die onlangse onthulling van die Minister van Polisie, Bheki Cele, dat meer as 10 000 beamptes dissiplinêr aangekla word.

Dié aanklagtes is van misdade soos moord, verkragting en aanranding.

Luidens berigte is die beweerde oortredings sedert 2012 begaan waarvan die meeste gevalle in die Oos-Kaap is.

Volgens De Klerk kom sommige polisiebeamptes weg daarmee om mense, wat hulle veronderstel is om te beskerm, leed aan te doen.

Luister na potgooie hieronder