Die polisie neem ‘n tweede verdagte in hegtenis na geweld in Senekal

 Die polisie neem ‘n tweede verdagte in hegtenis na geweld in Senekal

Foto: News24

Die polisie het ‘n tweede verdagte in hegtenis geneem in verband met ‘n gewelddadige betoging verlede week in Senekal. ‘n Polisievoertuig is tydens die betoging aan die brand gesteek en die hofgebou is beskadig. Inwoners en boere het die hofgebou bestorm waar twee verdagtes verskyn het in verband met die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner. Die verdagte word aangehou en sal onder andere aangekla word van poging tot moord en openbare geweld. In ander Senekal nuus word Senekal-boere in die Vrystaat deur EFF-leier, Julius Malema, daarvan beskuldig dat hulle die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner, gebruik om ander te intimideer. Volgens Malema gebruik die boere die saak om die land stil te maak oor grondhervorming. Johan Kruger van AfriForum het op Malema se uitsprake gereageer en hom as ‘n kansvatter beskryf.

Gerdie Karstens