Bitterheid en woede word deur afpersersing in gemeenskappe veroorsaak.
Dit volgens die minister van polisie, Senzo Mchunu, wat die afpersers as moorddadige parasiete beskryf. Hy het die parlement toegespreek oor stappe wat die polisie neem om die misdade te bekamp en bygevoeg dat die meerderheid afpersings in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap plaasvind.
Intussen sê die Wes-Kaapse LUR van Infrastruktuur, Tertuis Simmers, die afpersing en inmenging by kontrakteurs in die provinsie, deur die sogenaamde konstruksiemafia, kom die provinsie duur te staan. Dit het ook ʼn negatiewe impak op gemeenskappe deurdat projekte en bouwerk met tot drie jaar vertraag kan word.
Bouprojekte, veral behuisingsprojekte en skole, word hoofsaaklik in die provinsie geteiken.