Lede van Odendaalrus se sigbare polisiering, in die Vrystaat, het op drie gesteelde skape beslag gelê.
Beamptes het, nadat hulle ‘n wenk oor moontlike veediefstal ontvang het, tydens ‘n kopjag op ‘n huis in Kutlwanong toegeslaan. Ná verdere ondersoek het hulle twee mans in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en veediefstal.
Die verdagtes sal binnekort in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.