Die polisie in die Vrystaat het ’n slagoffer van ’n ontvoering en poging tot moord gered en drie verdagtes in hegtenis geneem.

Luidens ‘n polisieverklaring was die 37-jarige slagoffer by ’n motorwassery in Meloding, naby Virginia, toe vier mans hom glo genader het en beweer het dat hulle na hom gesoek het.

Die verdagtes het hom met geweld na ’n voertuig gesleep en hom aangerand.

Die slagoffer het tydens die aanval sy bewussyn verloor en later by ’n afgeleë plaas wakker geword, waar die verdagtes na bewering gedreig het om sy liggaam in die Tikwerivier te gooi.

Toe die verdagtes na die rivier begin stap het, het ’n polisiepatrollievoertuig ingegryp en die slagoffer gered.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×