Die polisie in Gauteng het gister ’n sakeman gered en agt ontvoerders, insluitend drie Tanzaniese burgers, in hegtenis geneem. Die verdagtes het die sakeman na bewering op 5 Julie by ‘n moskee in Helderkruin in Roodepoort ontvoer.
Die polisie het die slagoffer gister in Lenasia gevind. Die teenontvoeringstaakspan het verlede week twee verdagtes en nog ses verdagtes by East Gate en Fourways gearresteer, waar hulle op dwelms ter waarde van R300 miljoen beslag gelê het.