Die polisie sal binnekort ‘n nasionale blitslyn van stapel stuur om te help om die toename in afpersingsake aan te spreek.
Dit volgens Fannie Masemola, nasionale polisiekommisaris, tydens ‘n gesprek oor die polisie met die parlement se portefeuljekomitee. Blitslyne is reeds in die Wes- en Oos-Kaap van stapel gestuur, en die polisie ondersoek verskeie afpersingsake wat deur die blitslyne aangemeld is.
LUISTER HIER: