Die polisie sê 15 mense is in hegtenis geneem weens korrupsie in die polisiediens wat verband hou met die verkryging van Covid-19 beskermende toerusting ter waarde van een-komma-nege miljard rand. Die inhegtenisnemings volg na ‘n ondersoek van die verkryging en voorsieningskettingbestuur binne die polisiediens. ‘N Woordvoerder sê die ondersoek het talle kontrakte ontbloot wat aan derdeparty-frontmaatskappye toegeken is, wat op hul beurt weer betalings aan senior polisieamptenare gemaak het. Ses van die verdagtes is voormalige polisiebeamptes, twee is dienende polisiebeamptes en een ‘n dienende administratiewe klerk. Die res van die beskuldigdes is burgerlikes wat met die verskaffer verbind word. Hulle is vanoggend vroeg aangekeer in Gauteng en Limpopo op aanklagte van bedrog, diefstal, korrupsie en vervalsing.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×