Die bevelvoerder van die polisiestasie op Jacobsdal, kaptein Pieter Rodgers, het in die plaaslike hof op ‘n klag van diefstal verskyn nadat R2 460 weggeraak het wat aan ‘n verdagte behoort het. Kaptein Loraine Earl, ‘n polisiewoordvoerder, het in ‘n verklaring gesê die kontant en dagga is as bewysstukke by die polisiestasie ingedien nadat die verdagte in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem is. Kapt Rodgers was na bewering die laaste persoon wat die geld ontvang en dit in die bewysregister aangeteken het. Nadat die verdagte se saak afgehandel is, is hy terug polisiestasie toe om sy geld te kry, maar niemand kon dit opspoor nie.  Die saak is na die direkteur vir openbare vervolging verwys wat beslis het dat Rodgers vervolg moet word. Die 55-jarige Rodgers is vandag op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 31 Oktober in die hof verskyn. Die polisie is ook besig met ‘n interne ondersoek teen Rodgers. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×