Die Vrystaatse polisie het ‘n reuse soektog van stapel gestuur na ‘n onbekende aantal verdagtes wat ‘n egpaar op hul Paradys-kleinhoewe, suid van Bloemfontein aangeval het.

‘n Vriend van die egpaar se seun het gister die polisie en nooddienste gekontak nadat hy op die 71-jarige man se liggaam afgekom het.

Die 64-jarige vrou het beserings opgedoen en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die aanval het vermoedelik Maandag plaasgevind.

Die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het intussen die ondersoek oorgeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×