Pogings om na die vermiste Saldanhabaai-dogtertjie, Joslin Smith, te soek, word nou afgeskaal. Die ses-jarige Joslin het verlede maand uit haar huis in Diazville vermis geraak.
Haar ma, Kelly Smith en drie ander verdagtes is intussen in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklagte van mensehandel en ontvoering. IOL berig die soektog na Joslin het in getalle afgeneem. Polisiewoordvoerder, Lt Kol Malcolm Pojie, het gesê die ondersoek span gaan wel voort om leidrade op te volg.
Intussen het die organisasie Hashtag Unite SA op Facebook ‘n egpaar bedank wat die afgelope paar jaar betrokke was by Joslin en na haar omgesien het. Lional en Natasha Andrews sê op TikTok hulle wou Joslin aanneem en het vir haar klere gekoop asook skool benodighede. Sy het ook saam met die Andrews-gesin vakansie gehou.