Ses verdagtes wat moontlik by vier moorde, asook verskeie afpersingsake betrek kan word, is noodlottig gewond in ‘n oor-en-weer skietery met die polisie in KwaZulu-Natal. Die polisie het die verdagtes gistraand in ‘n woonstelblok in South Beach by Durban gekonfronteer.
Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, KZN-polisiekommissaris, het volgens Maroela Media-beriggewing bevestig dat die verdagtes verbind word met Sondagaand se moord op vier jong mans in die Kwandengezi-gebied.