Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Fezile Dabi-distrik het glo ʼn groot deurbraak in die stryd teen koperkabeldiefstal gemaak met nog ‘n inhegtenisname, en die beskuldigde sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Luidens ’n polisieverklaring is ʼn vragmotor glo met gesteelde koperkabels ter waarde van R8 miljoen is tydens ʼn roetine-padblokkade onderskep.

SAPD-lede het ʼn vragmotor met ʼn sleepwa op die N1 by Vaal Plaza, by Parys, gestop. Ses sakke vermoedelik gestroopte koperkabels is onder plastiekseile en ander skrootmateriaal versteek gevind.

Die 46-jarige bestuurder is in hegtenis geneem en die voertuig is gekonfiskeer. Hy verskyn Maandag in die Parys-landdroshof op ʼn klag van besit van gesteelde koper.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×