Die polisie het deur as deel van Operasie Shanela toegeslaan op verskeie skuilplekke van misdadigers en ook verskeie misdaad-vookomings-operasies in die Bloemfonteinse middestad uitgevoer. Die adjunk-minister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza en die Premier van die Vrystaat, Mxolisis Dukwana was van die regeringsamptenare wat gister teenwoordig was toe verskeie polisie-eenhede operasies uitgevoer het.

Daar is veral gefokus op mense wat in ou vervalle geboue intrek geneem het en sonder wettige identifikasie dokumente is. Die woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, Brigadier Sam Makhele, het gesê 32 onwettige immigrante is in hegtenis geneem. Vier van die verdagtes was in besit was dagga en onwettige sigarette. Die polisie het gistermiddag, nadat inligting opgevolg is, onwettige sigarette en alkohol in ‘n kruidenierswinkel se stoorkamer in Groblerstraat gekry.

Makhele het gesê die polisie het ook op dwelms soos mandrax, nyaope en tik ter waarde van R140 000 beslag gelê. Twee buitelanders, ‘n man en sy vrou, is vasgetrek vir die besit en handel in dwelms, onwettige sigarette en alkohol. ‘n Onwettige immigrant is naby die winkel in hegtenis geneem. Makhele sê die operasie duur voort.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×