Die Vrystaatse polisie vra die gemeenskap se hulp om die familie van ’n onbekende man, wat in ’n dam in Vredefort gevind is, op te spoor.

Luidens ’n polisieverklaring het hulle op 9 Januarie ’n klag ontvang oor ’n liggaam wat in die dam gedryf het.

Die beamptes het by hul aankoms ’n onbekende man gevind wat geen identifikasie by hom gehad het nie.

Die polisie versoek enigiemand met ’n vermiste familielid om speuradjudant-offisier Johannes du Toit te kontak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×