Lede van Operasie Vala uMgodi se gevegsspan het inligting operasioneel benut en op verskeie kriminele bedrywighede in die Vrystaat toegeslaan.
Volgens ’n polisieverklaring is ’n man in Koekoe Village naby Kroonstad in hegtenis geneem vir die beweerde besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Die polisie het ’n soektog uitgevoer en ’n vuurwapen in die verdagte se besit gevind.
Die vuurwapen was gelaai met ses patrone.
’n Saak van besit van ’n verbode vuurwapen en onwettige ammunisie is by Kroonstad-polisiestasie geopen.
In Lusaka naby Theunissen is ’n man ook in hegtenis geneem, na bewering met crystal meth, Mandrax en kontant in sy besit.
Twaalf verdagtes is ook in hegtenis geneem vir moontlike onwettige mynbedrywighede in die Theunissen- en Welkom-gebied.
Al die verdagtes verskyn binnekort in die hof.