Die polisie in die Vrystaat het ’n beweerde onwettige goudkoper in Welkom in hegtenis geneem.
Newskoop berig die 47-jarige verdagte is Donderdag in hegtenis geneem vir die onwettige besit van goud.
Dit kom nadat die polisie op ‘n wenk gereageer het en ‘n adres in Thabong Uitbreiding 4 deursoek het, waar onwettige mynbedrywighede plaasvind.
Hulle het 10 gouddraende klontjies en 10-duisend rand kontant in ‘n kluis gevind.
‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê die verdagte sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.