Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, of SAPD, het vandag dwelms met ‘n geraamde waarde van R800 miljoen in Gauteng vernietig.
Die polisie het tydens verskeie operasies regoor die land op die onwettige dwelms beslag gelê.
Volgens berigte is dit die derde keer sedert April dat dwelms op hierdie groot skaal vernietig word.
Nog ‘n onlangse vernietiging is in Kaapstad gedoen, toe die polisie dwelms ter waarde van R170 miljoen vernietig het.
Die nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, het die vernietiging op ‘n onbekende plek in Johannesburg bygewoon.