Die Parkweg-polisie in Bloemfontein soek twee verdagtes ná ’n aanval op twee mans op die N1 naby die Southpark-stortingsterrein, waartydens een doodgeskiet is.

Volgens ’n polisieverklaring het beamptes Saterdag op die toneel die liggaam van ’n 46-jarige man met skietwonde gevind.

’n 48-jarige man, wat in skok was, het oorleef.

Die slagoffers was op pad werk toe met hul bergfietse toe twee verdagtes met klapmusse hulle vermoedelik aangeval het.

Die oorlewende slagoffer glo een verdagte het sy vriend met ’n baksteen teen die kop geslaan, waarna die ander hom twee keer geskiet het.

Hy het van sy fiets af gespring en weg gehardloop.

Die verdagtes het met ’n silwer en ’n blou-en-wit fiets gevlug.

Enigiemand met inligting kan sersant Themba Dingile kontak.

error: Inhoud is beskerm !!