Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê meer polisiebeamptes sal in die land ontplooi word om die veiligheid van die publiek gedurende die feesseisoen te verseker. Cele het Vrydag misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal van die boekjaar bekend gemaak. Die statistieke het ‘n effense afname in die moordsyfer aan die lig gebring. Cele sê die polisie is onder streng opdragte om misdaad hierdie feestyd te hanteer.