Die polisie waarsku Suid-Afrikaners om nooit gevlekte banknote te aanvaar nie. Dit aangesien die note waarskynlik verkleur is as gevolg van inkkleurstof wat in sekuriteitstoestelle soos OTM’e gebruik word.
OTM’e hou kontant in spesiale houers wat kontant beskerm met kleurstof-tegnologie wat geaktiveer word wanneer iemand probeer om die houer oop te breek. Sodra dit geaktiveer is, word die kontant met ‘n groen kleurstof gekleur, die gekleurde note het geen geldwaarde.
Mense wat met hierdie gevlekte note betrap word sal ondersoek word om vas te stel of hul by die diefstal en ongemagtigde toegang van hierdie OTM-houers betrokke was.