Die polisiediens rig ‘n dringende waarskuwing oor die jongste telefoon-slenters. In een bedrogspul vra die misdadiger geld in ruil vir jou lewe. Dit omdat iemand hulle kwansuis gehuur het om jou te vermoor, maar dat jy die dood gespaar sal bly indien jy ‘n sekere bedrag betaal.

Met nog ‘n ander slenter, doen skelms hulle voor as lid van die Valke wat kastig ‘n saak teen jou ondersoek. Geld word dan van die slenter-slagoffer geëis om vervolging vry te spring. Aldus luitenant-generaal Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van die polisie in Limpopo, word sulke sake toenemend aangemeld. Hadebe sê die polisie vra nooit kontant in ruil vir diens nie. Mense moet op die hoede wees, en moet alle soortgelyke voorvalle by die naaste polisiekaantoor aanmeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×