Die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie sê hy is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde-eenhede binnekort kan ineenstort.

Dit kom nadat die komitee se voorsitter, Ian Cameron, verlede week die honde-eenheid in Kaapstad in die Wes-Kaap besoek het.

Cameron het bevind die eenheid het net twee operasionele honde asook dat amptenare hul pligte nalaat en dat daar ‘n leierskapskrisis is. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat die eenheid sulke beperkte hulpbronne het in ‘n stad wat deur dwelms en bendelede geteister word.

Cameron sê hoewel die situasie kommerwekkend is, is die toestand van honde-eenhede op nasionale vlak selfs erger.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×