Die polisievakbond Popcru vra vir meer ondersteuning vir sy polisiebeamptes se geestesgesondheidsbehoeftes nadat ‘n BBP-beskermingsdiensbeampte homself by
die begrafnisdiens van ʼn wetstoepassings-beampte in Kaapstad geskiet het.

Die 44-jarige polisiebeampte, was lid van die BBP-beskermingseenheid en een van die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allan, se beskermers.

Die wetstoepassingsbeampte wie se begrafnis dit was, was van diens af toe hy ten tyde van ‘n rooftog doodgeskiet is.

Rosestad-nuus het vroeër berig meer as 30 polisiebeamptes is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar in Suid-Afrika vermoor.

Richard Mamabolo, Popcru woordvoerder, het gesê dit is duidelik dat polisiebeamptes spesifiek geteiken word en van hulle vuurwapens beroof word.

Hierdie vuurwapens word dan vir ander misdade gebruik.

Popcru het gesê sy lede leef en werk in vrees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×