Die Suid-Afrikaanse Poskantoor se skuld oorskry sy bates met 12-komma-vyf miljard rand. Dit is volgens sakereddingspraktisyns wat hul eerste opdatering gegee het ná twee maande aan die stuur om die staatsbeheerde entiteit te red. Sakeredding is ‘n wettige proses wat betalings aan krediteure stop terwyl praktisyns probeer om die maatskappy te herstruktureer en probeer om dit van likwidasie te red. Die Poskantoor werk sedert 2013 met ‘n verlies, ondanks voortdurende reddingsboeie van die regering.
