Die Poskantoor waarsku die publiek ernstig teen skelmstreke

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het vandag sy kliënte opnuut gewaarsku teen bedrieglike e pos- en SMS-boodskappe wat soos dikwels vantevore, weer die rondte doen.

Volgens Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, beweer hierdie boodskappe dat die ontvanger se afleweringsadres onleesbaar is, of dat aflewering van ‘n pakkie slegs kan geskied, indien doeanegeld aanlyn oorbetaal word.

Van die boodskappe sluit selfs die ontvanger se naam en van in.

Kruger wys die publiek daarop, dat geen betaling ooit verwag sal word voor die ontvangs van ‘n pakkie nie.

‘n Bankrekeningnommer sal ook nooit gevra word nie.

So ‘n boodskap moet onmiddellik uitgevee word, of aangemeld word deur die tolvrye misdaadlyn te skakel.

Luister na potgooie hieronder