Die Vatikaan het in ‘n verklaring bevestig dat Pous Franciskus Maandagoggend in die ouderdom van 88 oorlede is.
Hy was vroeër vanjaar vir meer as vyf weke in die hospitaal om vir dubbele longontsteking behandel te word. Volgens die Vatikaan is hy by sy woning, Casa Santa Marta, in die Vatikaanstad oorlede.
Die pous het Sondag vlugtig op die hoofbalkon van die St. Petrus Basilika verskyn, waar tienduisende mense byeen was vir die Paasmis.
Hy het in ‘n Paasboodskap, wat namens hom gelees is, weer ‘n beroep gedoen vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza.
1 Comment
Comments are closed.