Die kerk mag nie sy nabyheid weerhou van mense op soek na God se hulp of seën nie – selfs al ís dit deur die voltrekking van ‘n selfdegeslaghuwelik.
Pous Francis het gister bevestig die Rooms-Katolieke Kerk sal nou paartjies van dieselfde geslag in die eg verbind.
Sedert hy die mantel in 2013 opgeneem het, woeker die Pous om die Katolieke Kerk, met sy nagenoeg 1,3 miljard lidmate, meer toeganklik vir mense van alle oortuigings te maak.
Hierdie inklusiwiteitsbenadering moet steeds nie teen die kerk se se morele leerstelling indruis nie.
Volgens sy leerstelling is die aangetrokkenheid tot iemand van dieselfde geslag nie sondig nie. Homoseksuele aktiwiteit word egter wél as ‘n sonde beskou.