Maqueen Letsoha-Mathae, sal R2,53-miljoen per jaar kry om inwoners van die Vrystaat as premier te dien. Netwerk24 berig haar salaris is in die provinsiale wetgewer goedgekeur, aan die hand van president Cyril Ramaphosa se afkondiging in die Staatskoerant.
Alle openbare ampsdraers se besoldiging word deur die president bepaal, in oorleg met ‘n kommissie wat aanbevelings oor salarisse en voordele maak. ‘n Lid van die provinsiale wetgewer verdien nou R1,23-miljoen per jaar.