Die Suid-Afrikaanse regering het hul kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld in die land. Verskeie ministers was gister deel van ‘n beraad om dié kwessie te bespreek. Die ministers het gevra vir gelykheid in inkomste-pariteit en loopbaan-bevorderingsgeleenthede om teen die diskriminasie van vroue te veg. Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Dokter Nkosazana Dlamini-Zuma, het gesê die COVID-19-pandemie het die mishandeling van vroue vererger. EWN berig president Cyril Ramaphosa het gister in Soweto met jong mans en seuns tydens ‘n Indaba gepraat oor geslagsgeweld en gesê seuns moet van kleins af geleer word om  vrouens as hul gelyke te hanteer en te respekteer. Dit is ‘n krisis op alle vlakke in die samelewing waar vrouens doodgemaak word, in verhoudings aangerand word en selfs in die werksplek weggestoot word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×