Die presidensie het Zimbabwe amptelik namens Suid-Afrika gelukgewens met hul verkiesing wat verlede week gehou is. Die presidensie sê dit neem wel kennis van die kommer wat waarnemers daarop gelug het. Waarnemers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die Afrika-unie, Statebond en die Europese Unie het hul kommer oor die demokratiese proses van die verkiesing uitgespreek. Die presidensie sê in ‘n verklaring dit is bewus daarvan dat die verkiesing onder moeilike ekonomiese omstandighede gehou is, juis weens sankies teen die land. Suid-Afrika doen ‘n beroep op almal in Zimbabwe om saam te werk om vrede te handhaaf en die land te ontwikkel.