Inkwazi, die president se straler, het belastingbetalers sedert 2018 meer as R140 miljoen gekos. Spyseriening het vir dieselfde tydperk die belastingbetaler meer as nege-miljoen-rand uit die sak gejaag. Netwerk 24 berig meer as R51 miljoen is spandeer aan grondhantering. Die grootste uitgawe, R68 miljoen, was vir brandstof, waarvan R47 miljoen aan buitelandse vlugte en R21 miljoen aan binnelandse vlugte bestee is. Die onthullings is deur Thandi Modise, minister van verdediging gedoen in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA-leier, John Steenhuisen. Die kostes vir verblyf vir president Cyril Ramaphosa en sy gevolg het meer as R10 miljoen gekos. Die grootste bedrag aan spyseniering, meer as R3 miljoen, is gedurende die 2023/2024 boekjaar bestee, waarvan die meeste vir buitelandse vlugte. Modise het nie gesê hoeveel vlugte onderneem is nie. Steenhuisen het gesê dit is ‘n skande dat soveel aan spyseniering bestee word terwyl die helfte van die bevolking werkloos is en soveel kinders weens wanvoeding en honger sterf. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×