Meer as 27 miljoen kiesers gaan op 29 Mei hulle kruisies by die stembus trek. Die aankondiging waarop Suid-Afrikaners gewag het, is gisteraand deur die presidensie in ‘n verklaring bekendgemaak.
President Cyril Ramaphosa het ook na beraadslaging met al nege die provinsies se premiers en die Onafhanklike Verkiesings Kommissie, of OVK, die gereedheid van die verkiesing bespreek. President Ramaphosa het gesê die 2024 verkiesing val saam met die vieringe van 30-jaar se demokrasie. Hy het mense aangemoedig om te gaan stem en diegene wat nog nie geregistreer het nie, dit aanlyn te doen. Die proklamasie van die stemdag sal binnekort uitgereik word.