Die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie volstaan by die inhoud van ’n brief wat hy aan SA Rugby geskryf het

André Rademan, die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie, volstaan by die inhoud van ’n brief wat hy aan SA Rugby geskryf het waarin hy keelskoonmaak omdat die OP nie vanjaar in die Curriebeker se Premierliga gaan speel nie.

Rapport het Sondag berig dat Rademan aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geskryf en gevra het dat hy sy besluit dat die OP nie in die Premierliga gaan speel nie, moet hersien.

Volgens Rademan ontwikkel die OP jaar ná jaar spelers net vir die ander unies om hulle dan op te raap.

Indien die OP in die Premierliga van die Curriebeker-reeks speel, sal hy meer geld van Saru kry en sal hy sy spelers kan behou.

Luister na potgooie hieronder