President Cyril Ramaphosa het ‘n formele verduideliking van Thembi Simelane, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, versoek na bewerings van korrupsie tydens haar tyd as burgemeester van Polokwane.

Sy het aan die parlement bevestig dat sy beskikbaar is om te reageer op enige vrae oor die VBS-korrupsie bewering wat oor haar kop hang. Volgens mediaberigte het sy glo ‘n lening, van meer as ‘n halfmijoen rand, van ‘n maatskappy wat betrek word by die beweerde grootskaalse VBS Mutal Bank ontvang. As minister van justisie is Simelane die politieke hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), wat diegene betrokke by die VBS-skandaal moet ondersoek en vervolg.

error: Inhoud is beskerm !!