Die EFF se Carl Niehaus sê dit is weens die privatisering van tronke dat die reeksverkragter en moordenaar, Thabo Bester, uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein, ontsnap het.
Die Departement van Korrektiewe Dienste het ‘n vorderingsverslag gelewer oor wat sedertdien gedoen is om sulke voorvalle te voorkom.
Die sekuriteitsmaatskappy, G4S, word daarvan beskuldig dat hy in 2022 met Bester saamgesweer het om sy ontsnapping te reël.
Niehaus sê hy sou graag wou sien dat voorkomingstrategieë ook by privaat tronke geïmplementeer word om te verseker dat daar nie nog ‘n gevangene ontsnap nie.