Die parlement sal nie in staat wees om ‘n lid van die Regterlike Dienskommissie (RDK) vir die huidige ronde onderhoude in die plek van die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, aan te wys nie.

Volgens die Grondwet en die Nasionale Vergadering se reëls, moet die Nasionale Vergadering ses lede aanwys om op die RDK te dien, waarvan drie uit die opposisiebanke moet wees.

Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê nadat Hlophe uit die RDK bedank het, sal die Nasionale Vergadering ‘n proses begin om Hlophe se plaasvervanger ingevolge sy reëls aan te wys.

Dit sal egter nie vir die huidige ronde onderhoude gedoen kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×