Die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, is in die wedloop om die pos permanent te vul nadat sy deur 17 mense genomineer is. Die Nasionale Vergadering se Ad Hoc-komitee om ‘n persoon vir aanstelling as Openbare Beskermer te nomineer het 53 nominasies en 17 aansoeke vir die pos ontvang. Die huidige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se ampstermyn verstryk op 14 Oktober. Mkhwebane is deur vier mense genomineer, maar sy was onder diegene wie se benoemings nie aan die komitee se prosesse voldoen het nie of wie se benoemings nie aanvaar is nie. Die advokaat wat haar by die parlementêre ondersoek vir haar verwydering verteenwoordig het, Dali Mpofu, is ook op dié lys. Mkhwebane is sedert Junie 2022 uit haar amp geskors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×